Vanaf 1 993 het God profete gebruik om met my te spreek wat Sy plan vir my lewe. Dit alles het gebeur gedurende my tyd in Namibia (Windhoek) vanaf 1 993 - 1997.
Persoonlik deurgegee deur God
Vanaf 2003 het God persoonlik met my deur drome en visions gespreek. Dit is n begin van n pad en proses wat ek moet loop in gehoorsaamheid teenoor God. Die proses van volwassenheid (geestelik sowel as natuurlik), om my completely oor te gee in Sy Heilige hande, soos n pottebakker doen met hul klei.
(1) Arend
Die jaar 2003 gee God aan my n droom. In hierdie droom, is ek n arend. Ek kyk deur die oë van hierdie massiewe arend, met die snawel vooruit. Hierdie massiewe arend bevind hom in n cage. Dit n ongewone ervaring, omdat arende nie in cages aangehou word nie.
Uitlegging
Die uitlegging van hierdie droom is soos volg. N arend is n voël wat gemaak is vir ruimte en hoogtes. Wat God vir my deurgee is: Daar is n wag priode en lerings proses waardeur ek moet gaan. Dit is nie die gewone proses nie. Ek moet voorberei word wat aan die kom is. Net n trained heart and mind, kan oorwinning bring. Ek word ook deur God voorberei as vader figuur. Alles wat God in hierdie arend geplaas het, stuur Hy uit om Sy opdrag uit voer.
Die roeping
Die jaar 2009 in Pniel, by past Angelo se woning, tussen 2h30 en 3 am het God deur past se stem met my gepraat en op my naam uitgeroep vanuit n diep slaap.
Haastig uit die bed haas ek my na waar hul kamer sit. Ek staan by die wit hekkie wat hul opgerig het vir hul seuntjie (Joshua) om hom te beskerm dat hy nie afval nie. Na omtrent 15 sek se wag of hy weer gaan roep, gaan ek na my kamer. In my kamer gekom val ek op my knieë, en bid, Here as dit U is wat my geroep het (Praat weer met my). Toe die dag deurbreek en ons aan die ontbyt tafel sit, vra ek vir past Angelo of hy my vanogend geroep het (hy sê nee) hy vra my hoekom, ek sê aan hom, nee dit is ok. Die naweek na dit, slaap weer oor by sy huis na ons praise&worship oefen sessie. Apostle Boeta se huis was complete en die meubels was in die huis gedra. Gedurende die intrek, was daar gedurende die week infebreek, omdat niemand in die huis gewoon het nie. Apostle Boeta vra vir past Angelo en gesin om in die nuut gebou den huis te gaan woon. Met my koms vir die naweek, gaan ek tuis by die ou huis. Dit is daar dieselfde huis dat God my weer omtrent 3 am op my naam roep uit my diepe slaap. Met groot skrik, staan ek op en gaan sit in die kombuis en koffie drink, net om alles in te neem wat tans met my gebeur het. Na omtrent 20 minute gaan ek terug kamer toe. Ek sal weereens op my knieë, en vra God, (Here as dit U is wat met my gepraat het, wat wil U vir my sê).
Persoonlike ontmoeting in God (1 2 Julie 2013)
Dit was die jaar 201 3: Ek het Windhoek gegaan om te gaan werk met my gawe, sodat daar spys in my huis kan wees. Dit was die eerste week van Julie 201 3, toe past Glen my vra om vir die maand musiek te maak vir die gemeente. Dit is ook in daardie tyd dat Danny Morkel my vra om na Walvisbaai te kom, want sy seun toon belangstelling in keyboard. Ek noem aan br (Neville) of hy my kan help met n tank petrol. Opad na Walvisbaai en Swakopmund, praat God met my in n duidelike stem en sê (Ek het jou uitverkies). Die inpak van die boodskap was so groot, dat my trane uit my stort. Dit is toe dat ek aftrek en met God n gesels aanknoop. (Die waaroms en hoekoms). Een van die vrae was, dat daar ander in my familie was wat U kon kies, omdat ek nie waardig gevoel het nie. My siening daardie tyd in hierdie leierskap posiese was onmoontlik, omdat ek nog nie volwasse geestelik en natuurlik was nie. Maar God se plan, is Sy plan.
Tweede Droom gesig (2020) 13 September
Op 13 September 2020, wys die Here vir my in n droom gesig. N groot boom wat voor my staan. Hierdie boom was onsettend wyd, hoog en baie groot. Die boom se takke is baie dik soos stompe). Onder hierdie boom lê n mannetjie leeu, dit lyk as of hy die boom opas. In hierdie droom is ook swart persoon aan my regterkant. Die persoon het die gesig en liggaams bou soos Cyril Ramaphosa. Ons twee staan op n afstand vanaf die boom omdat die leeu onder die boom lê. (1) Ek neem manhaftigheid en stap na die boom, maar die leeu jaag my, maar draai weer terug na die boom. N 2de maal is ek manhaftig en stap na die boom. Weer jaag die leeu my terug, maar hierdie keer jaag die leeu, die persoon wat soos Cyril Ramaphosa lyk. Intussen loop ek na die boom en klim daarin baie hoog. Meteens kom omtent 3 wyfie leeus en loods n aanval op my. Ek ruk n boomstomp uit die boom en verslaan al 3 vanaf n afstand. Terwyl ek besig was om die 3de leeu te verslaan, let ek op dat die mannetjie leeu intussen onder die boom kom lê het. Dit is gedurende daardie tyd dat ek die 3de wyfie leeu verslaan en sy val uit die boom op die mannetjie leeu waar hul altwee sneuwel. Ek word wakker.
Die duif
2024 Februarie maand, kry ek n droom, waar ek regop sweef deur die lug
(vorentoe), my voete is omtrent n meter of twee vanaf die grond. Terwyl ek vorentoe al swewend votentoe beweeg, is dit soos n stem wat vir my sê, (kyk om). Met omkyk, Sien ek n duif uit lug kom, ek vat my regter arm en steek dit agtertoe met my regterhand oop. Die duif kom sit op my hand, en ek bring weer my regterhand na vore en strek dit voor my uit met die duif daarop. Met dit beweeg nogsteeds vorentoe. En ek word wakker.
Ten slote
Gedurende 2024, nadat ek my vrouliefde af gaan Sien het omtrent 5h35 waar sy opad werk was, het ek daarna weer gaan skuins lê. Omtrent 2 minute op die bed, is dit soos n lig wat vanaf my al breër na bo gaan. N woord verskyn in die lig (Predestination). Hiermee sit ek regop, en weet dat God doel vir my as mens alreeds uitgesit is. Ek gee God al die of en aanbidding vir wat Hy besig is om te doen met my en deur my. Amen.